AAAAArrrrrgggggggggghhh. . . . . . . Net toe ek dienk dat ons vir 'n paar dae sonskyn gaan hê begin dit weer reën...... en my bui sak sommer in my skoene in.... ek is sommer met die eerste wat my oë oopgaan omgekrap en is al brom brom stort toe- en dit help ook nie dat my man in netso goor bui is nie!
Hy was al besig om te grom nog voor ek my oë oopgemaak het en soek nou iets om oor te baklei!
Op die nuus was daar weer van nog 'n skiettery in 'n skool en nou wil hulle nog ons wat ouers is se hande bind deur te sê dat ons nie ons kinders mag slae gee as hulle aanjaag nie!
HOE GAAN DIE VOLGENDE GENERASIE NIE TEKERE GAAN AS HULLE GEDISIPLINEER WORD NIE? Ek het as kind slae gekry as ek aanjaag en die het niks aan my selfbeeld gedoen nie, in teendeel dit het my 'n beter mens gemaak en ek het nou al met my seuntjie gesien dat as 'n kind nie 'n klap op sy/haar sterre kry as hulle aanjaag nie gaan hulle aanhou "vra" daarvoor totdat hulle dit kry. . . Kyk moet my nou nie verkeerd verstaan nie ek sê nie slaan die kind half dood nie, ek sê nie slaan die kind dat hy/sy merke op sy/haar lyfie het nie maar hete ek dink dat dit nog nodig is!
Wat ek nou nodig het is 'n goeie sopie tequila en dan net in my bed kruip en slaap!!!
hoop julle dag gaan beter wees as myne!!
Groette
Anna Marie
xoxoxoxoxoxoxoxoxo