10/25/07

Verjaarsdae en en en en en en en

Hallo almal!!!!

Eerstens wil ek aan my neef Danie sê Geluk met jou verjaarsdag en mag jy so oud word dat, die vlooie in jou plooie nes maak en jou voeffol hare jou spore dood vee!!

En dan... Sharks dankie vir jou mooi woorde van bemoediging na my vorige in(tikking)skrywing, ja turbo was my meisiekind en om haar te verloor is maar vir my baie seer maar haar enigste babatjie wat nou oor is is gister naam gegee: Timmothy na tannie Carrike se liedjie!

En noggiets.... het enige van julle daai angs gevoel gekry as jul eerste kind aan die einde van sy/haar eerste skool jaar staan en gedink "die tyd word min een van die dae is hy/sy nie meer klein nie en gaan hy/sy nie meer na my toe kom en dink dat niemand meer belangrik is as ons hul ouers nie? ek het dit gisteraand beleef en al weet ek dat dit deel is van die lewe, maak dit my baie bang.........by babatjie word nou groot en ek weet ek kan dit nie stop nie wil ek hom klein hou, want daar is niks so mooi soos om uit jou kind se oë die helde vereering te sien kom as hy na jou of sy ander ouer kyk...... En dit help seker ook nou nie dat die kind op die ouderdom van 7 jaar en 9 maande amper die selfde lengte het as ek (skaars 20cm korter) en in baie opsigte baie onafhanklik is nie. . . Baie na-weke word ek deur hom wakker gemaak met 'n lekker beker stomende tee en sy pogingkies om vir my ontbyt in die bed te gee. . . en al weet ek dat ek later die gemors moet skoon-maak wat hy agter laat gee ek nie om nie... (hy help darm soms)

o aag griet hoe soetsappig lees die inskrywing nou weer vandag maar ek weet julle verstaan!!!

En Wimpie nee ek het nie van jou vergeet nie en dalkies sien ons jou die naweek van die week van ons verjaarsdae. . . . . . .

Liefde
Spook

10/24/07

LAAAAAAAAANG Dinsdag na 'n LAAAAAAAAANG Na-week

Eerstens wil ek net noem dat ek noggal jammer is dat ek so lui was die afgelope tyd. . . . . Maar aan die ander kant sal julle - ek is seker - verstaan as ek julle vertel wat my probleem was....


Ek is deesdae ietwat van 'n kat mens en het twee katte gehaat 'n mannetjie - spierwit met die blouste oë- genaamd Ratty en dan 'n wyfie genaamd turbo -haar kleur kon ek tot vandag toe nie vasstel nie maar ja terug na die storie Turbo het so paar weke terug kleintjies gehaat en aag dit was die oulikste goedjies ooit. . . 4 klein bondeltjies waarvan net een se pa uitgeken kon word.... in elk geval Vrydag toe ek by die huis kom was al 4 nog spring lewendig en vol streke en hul ma was nog aan die gang soos altyd maar ek moes gesien het dat iets nie reg was nie. . .


Hier teen 9-uur Vrydag aand het die eerste kleintjie half begin stuif trek en ons het hom toe maar gemaklik in hul bedjie gaan sit en later maar sie ander ook maar gemaklik gemaak...... en self gaan slaap toe ons Saterdag oggend opstaan het ons gesien dat twee van die kleintjies dood is en later die oggend het ons vas gestel dat hul ma hulle nie meer kon voed nie...... die twee oorlewendes het ons toe maar vee-arts toe en sy het gesê hoe en wat ons hulle moet voer..... lang storie kort ons het so gemaak, maar gister middag toe ek by die huis kom was babatjie no 3 ook besig om te vrek...... hul ma het verswyn en ek is seker dat sy iewers gaan soek het on ook te vrek. . . die enetjie wat ons nou oor het vreet nog alte gulsig en kla verskriklik as ons hom alleen los maar hy is ok. . . Maar ek moet julle vertel dat my hart in stukkies is oor die laaste enetjie se dood. . . ek het vir 4 dae hom/haar ekle paar uur gevoed maar ek reken dit was maar net nie genoeg nie. . . .


Op 'n ander noot na sowat sjoe ummmmmmmmm 6 miskien 7 maande van sukkel het ons gister weer 'n motor gekry en is gister aand na vriende toe omte gaan koffie drink, en oppad huistoe het ons verby my werk gery. . . . . daar was ligte aan waar daar nie moes wees nie en ons het die S A P S gebel. . . .na sowat 'n 1/2 uur se wag het ek en my man in die gebou ingegaan om die nommer van die sektor polisie te kry en die man ook gebel. . . . . . . Na 3 ure is ons huistoe en wag steeds vir hulle. . .


S ja vanoggend is ek die spreekwoordelike wandelinde slaapeling en is ek seker dat my baas nie veel met hierdie vrou sal kan uitrig nie. . . .


hier is 'n ou ietsie vir die Engelse.....
Groette
Spook