10/19/07

BOKKE ENSOVOORTS

Ek gaan nou nie veel sê oor die bokke nie want my neef het alles gesê wat die bokke aanbetref, al wat ek wil sê is.........GO BOKKE GO WE ARE CROSSING OUR FINGERS, TOES AND OTHER PARTS OF OUR ANATOMY THAT CAN BE CROSSED!!!

My niggie het die ding vir my gestuur en ek het gedink dat dit pragtig is en dus plaas ek dit hier!!

Wat is.....?

WAT IS 'N MA?
'n Ma is 'n drukkie mens,
'n soentjie mens,
en ek is lief vir jou mens
JOU MA IS 'N KONINGING WAT JOU SOOS 'N SLAAF BEDIEN.
WEES LIEF VIR HAAR-GEE HAAR AANDAG!

WAT IS 'N PA?
"n Pa is 'n jy-was-stout-mens,
ek-gaan-jou-straf-mens,
want-ek-het-jou-lief-mens
JOU PA IS 'N KONING SOOS 'N SLAAF VIR JOU WERK.
WEES LIEF VIR HOM GEE HOM 'N DRUK

WAT IS 'N BROER?
Hy is 'n gee-terug-my-goed-mens,
wand-ek-gaan-jou-klap-mens,
want-jy's-my-maat-mens
JOU BROER IS SOOS 'N PRINS. HY SAL JOU ALTYD RED.
GEE HOM 'N SOEN

WAT IS 'N SUSTER?
'n Suster is 'n klikbek-mens,
'n toemaar-troos-mens,
maar ook 'n vriendin-mens
JOU SUSTER IS SOOS 'N PRNSES. SY SAL JOU ALTYD BYSTAAN.
GEE HAAR 'N ROOS

WAT IS 'N VRIEND?
'n Pragtige mens wat jy baie na aan jou hart dra,
'n vriend en deel mens
'n luistermens maar ook seermaak mens
JOU VRIEND IS SOOS 'N ROOS, GEE HULLE GEREELD WATER.
KOESTER DAAI VRIENDSKAP

WAT IS JY?
JY IS 'N PRAGTIGE MENS, 'N LIEFDES MENS,
'N EK KAN ALLES DOEN MENS,
'N EK IS HARTSEER EN EK IS BLY MENS,
JY IS...................'N SPESIALE MENS
BAKLEI DIKWELS ONNODIG MET JOU SELF EN KLA ONNODIG VAN JOUSELF.
GEE JOUSELF 'N KLAP EN 'N SOEN

WAT IS GOD?
GOD IS HY SONDER WIE ONS NIE KAN OF WIL LEWE NIE
GOD IS HY WAT ONS ANKER IN DIE LEWE IS. GOD IS LIEFDE
GEE VIR GOD............JOUSELF

Dis al vir vandag

liefde
Spook

10/17/07

RUGBY KOORS EN ALS WAT LEKKER IS!

Nog net drie dae!!!

Drie dae van afwagting en laat ons maar eerlik wees stress oor wat die Bokke Saterdag gaan maak... Kyk ek gaan nou nie eers weer probeer om myself as rugby kenner voor te doen nie maar ek weet een ding verseker, en dit is. . . Die Bokke gaan die koppie huistoe bring!!!
Maar maak nie saak watter kant toe die eind telling sou draai nie ek soos 'n lawwe dogtertjie my oë sal uit huil!!!

Ek is vanoggend in die beste bui ooit (al het ek nie veel geslaap nie) en kan nie wag om die dag aan te vat nie!!!

Ek wonder wat het gewordvan kinder programme soos Heidi, Haas Das se nuus kas, Wielie Walie, Pumpkin patch ensomeer? Soos my man sê toe ons kinders was, was die enigste manier wat jy geweet dat 'n sekere karakter in 'n strokies prent vroulik was, was omdat hulle rokke gedra het en lang hare gehaad het maar deesdae het die vroulike karakters 'n beter bossem as ek! Om nie eers van die geweld moord en doodslag te praat nie!

Maar wat kan ek verwag? Daai jare het jy betaal vir kondome en plastiek sakkies verniet gekry en deesdae is dit net anders om!!

Ons TWALF jarige dogtertjies kan nou sonder mamma en pappa se toestemming gaan vir aborsies (al maak dit nie vir my sin nie sienende dat jy eers op die ouderdom van 16 mag ja sê vir seks) en hulle kan ons laat toesluit as ons hulle tug!!

Maar ek wil my positiewe denke hou en die hele dag glimlag so genoeg van daai!! Iets om oor te wonder....... "Why do they call it a parkway when you drive on it and a driveway when you park on it? If a person with multipersonallity disorder threatens to kill them selves is it a hostage situation?"

Danie en Wimpie julle moet vry voel om my 'n luitjie te gee "when ever what ever"

Ina het jy my e-possie gekry?

liefde

Spokie!!