Goeie dag aan almal wat die tyd neem om my blog te lees.......
Ek is nou wel nie 'n bekende of iemand wat juis 'n groot inpak het op die groter wêreld daar buite nie maar ek het so baie dinge om te sê en hier is die perfekte platform om dit te noem. . .
Ek gaan geen beloftes maak dat ek elke dag gaan blog nie en ook nie dat dit gereeld gaan gebeur nie maar ek sal probeer. Soms gaan daar dae wees wat ek julle gaan verveel met stories uit my kinderdae en soms gaan julle verveeld en/of dalk geskok wees...
Maar laat ek begin deur julle meer van myself te vertel...
Ek is 'n 27 jarige vrou wat al baie dinge gesien en gedoen het in die lewe, en van plan is om nie optehou om my lewe te leef totdat ek die dag my kop finaal neerlê en ek soos die engelse sê 'n wurm fees word nie! ek het 'n seuntjie wat al amper 8 jaar oud is en is getroud met 'n Engelsman en die twee is my hele lewe!
Ek en my man het mekaar ontmoed in die hotel op die wesrand waar ek as kroegdame gewerk het en het in mekaar die klankbord gesien wat elk van ons nodig gehaad het in ons lewe. . .
Na baie stampe en stote en 'n hele paar amper egskeidingsake is ons steeds bymekaar en ons is sterker as tevore!!
Vanoggend toe ek my neef se blog lees het ek weereens besef dat ek so - so gelukkig was om my Moeder te gehaad het wat my deur BAIE dinge bygestaan het en al het ons soms net-net deur al die moeilike baklei het was sy daar vir my. . . MAAR dae soos vandag verlang ek na my Pa wat +/- 24 jaar terug oorlede is, en al is hy so lank al weg en het ek hom so nodig gehaat in my tiennerjare weet ek dat hy my steeds liefhet en dat hy steeds snags oor my wag hou en al kan ek nie veel van hom onthou nie sal ek ewig dankbaar is dat hy in my lewe was en dat ek selfs na 24 jaar weet dat al wat hy wou hê vir my was dat ek gelukkig moes wees, Ek weet ook dat ek en my boetie sy lewe was en dat hy geen een sou toelaat om ons seer te maak of ons te na te kom nie!!!
Wag nee ek dink dit is vir eers dit.... as ek nie nou ophou nie gaan ek my gremering opmors en soos 'n "raccoon" lyk!
Groette
Anna Marie
9 comments:
Dankie vir die wat beskuit om comments te los!!
XXX
Hi jy, welkom by ons klomp bloggers!!
ag toggie ek wou nog vra, dankie vir die wat beskuit, mens moet dit nie lees besluit ( vra maar net ? )
dankie Sharks! ek het nie eers gesien nie, hie hie hie
Yes Spook!
Sterkte voorentoe man. Sal jou blog lees hoor!
Groete
Dankie Gatta-patatta!
Groetnis Anna Marie
xxxxxxxxxxxxxxxxxx
Hi
Hoe gaan dit daar in Krugersdorp. Hier is dit lekker koud en nat. Ek sal verseker elke dag jou blog lees net soos ek ook Wimpie sin lees. Ek dink ons moet maar self 'n kuier reel. Danie verjaar die 25ste miskien moet ons almal nader aan die einde van Oktober kuier want Wimpie slaan die "naughty forty's" en Oom Willem verjaar ook in November, Danie en Wimpie laat weet wat julle dink.
Lekker daggie vir almal
Ina
Hi Ina...... hmmmmmm ja baie goeie idee, Danie die 25ste Okt Oom Willem die 11Nov ek die 12de Wimpie die 14de en Pieter die 20ste..... genade hoe gaan ons deur November kom?
liefde
Spook
Hi Spook, en welkom in die blogwereld! Hoop jy gaan dit baie geniet en sommer hope weird en wonderfull mense ontmoet!
Post a Comment