Nog net drie dae!!!
Drie dae van afwagting en laat ons maar eerlik wees stress oor wat die Bokke Saterdag gaan maak... Kyk ek gaan nou nie eers weer probeer om myself as rugby kenner voor te doen nie maar ek weet een ding verseker, en dit is. . . Die Bokke gaan die koppie huistoe bring!!!
Maar maak nie saak watter kant toe die eind telling sou draai nie ek soos 'n lawwe dogtertjie my oë sal uit huil!!!
Ek is vanoggend in die beste bui ooit (al het ek nie veel geslaap nie) en kan nie wag om die dag aan te vat nie!!!
Ek wonder wat het gewordvan kinder programme soos Heidi, Haas Das se nuus kas, Wielie Walie, Pumpkin patch ensomeer? Soos my man sê toe ons kinders was, was die enigste manier wat jy geweet dat 'n sekere karakter in 'n strokies prent vroulik was, was omdat hulle rokke gedra het en lang hare gehaad het maar deesdae het die vroulike karakters 'n beter bossem as ek! Om nie eers van die geweld moord en doodslag te praat nie!
Maar wat kan ek verwag? Daai jare het jy betaal vir kondome en plastiek sakkies verniet gekry en deesdae is dit net anders om!!
Ons TWALF jarige dogtertjies kan nou sonder mamma en pappa se toestemming gaan vir aborsies (al maak dit nie vir my sin nie sienende dat jy eers op die ouderdom van 16 mag ja sê vir seks) en hulle kan ons laat toesluit as ons hulle tug!!
Maar ek wil my positiewe denke hou en die hele dag glimlag so genoeg van daai!! Iets om oor te wonder....... "Why do they call it a parkway when you drive on it and a driveway when you park on it? If a person with multipersonallity disorder threatens to kill them selves is it a hostage situation?"
Danie en Wimpie julle moet vry voel om my 'n luitjie te gee "when ever what ever"
Ina het jy my e-possie gekry?
liefde
Spokie!!
4 comments:
Hi
Dit gaan dol hier. van watter e-pos praat jy?
Ina
hi Ina
Ek sal hom weer stuur
Spook
Die rugby koors was nog nooit so hoog nie, tot even die swartes hier praat net BOKKE!!
Lekker middag vir julle.
Hi
Nog geen mail gekry nie. Gaan julle Saterdag die Rugby by Danie-hulle kyk?
Ina
Post a Comment