Gister aand sit ek nog heerlik en sepies kyk en die volgende oomblik verdwyn die krag. . , in algehele duisternis sit ek toe en wonder waar ek my kerse gebêre het en bekommer my dat ek dalk op my 2 week oue baba katjies gaan trap, wat die oomblik toe die krag afgegaan het kliphard begin meau het....Natuurlik - al is hulle diere - geskrik maar in elk geval ek sit my voet voel-voel van die bed af en geen katjies met my selfoon wat skrre omdat die battery so te sê pap is as my eenigste bron van lig strompel ek toe in die gang af opsoek na kerse...
Ek stamp my toon hiet trap op ma kat se stert daar en bereik uiteindelik die kombuis... En raai wat kry ek daar? Dis reg nie 'n enkele kers nie of altans nie die soort wat jy gebruik in die tipe situasie nie, net van daai flou teeliggie kersies (die soort wat gebruik word in daai lekker ruik brandertjies) maar sienende dat dit al is wat ek het moes ek dit nou maar gebruik en bid dat die krag so gou as moontlik weer aangaan!
Gelukkig vir my het die mense in wie se tuinwoonstel ons bly vir ons 'n gas stoof gegee om te gebruik en kon ek darm vir my tee maak en aand ete klaarmaak... en terwyl die "kersies" so flikker flikker sukkel om lig te maak, en ek voel-voel die kos voorberei besluit ek om my ma te bel en by haar te hoor of daar darm krag by hulle is... En (GAAP) geen krag by hulle ook nie die hele dorp se elektrisiteit is af en almal sit in die selfde bootjie...............
Ek het vanoggend op die radio gehoor dat die hele land se matrieks (waarvan my baba boetie een is) gekniehalter kan word omdat daar -aag hete wat is die woord tog- gereëlde krag onder brekings gaan wees en dit is omdat ons land nie voorsorg kan tref vir al die nuwe ontwikkeling nie! Kan die manne wat beheer her oor sulke ding nie verder dink as wat hul neuse lank is nie? Maar nou ja, ag wat kan ons tog maak?
Na so plus-minus 2 uur toe ek noumaar uit pure verveeldheid onder die komberse ingekruip het en net so begin wegdompel droomland toe hoor ek 'n skoot klap en met die wikkel ek myself nog diepper onder die komberse in en dink dat die einde op my is toe die krag as of dit 'n wonderwerk is skielik weer aangaan ek skrik myself toe in 'n ander demensie in en -ek weet nou nie of dit verligting of van skrik was nie- begin sommer huil.... gelukkig was manlief nie daar nie want ek sou tog nooit die einde gehoor het nie!!

Maar nou ja. . . .wat kan 'n mens tog sê? So is die lewe so is die lot!
Hmmmm die na-week is baie balangrik vir almal in ons land (wel tenminste die van ons wat rugby mal is) so STERKTE BOKKE!!!!!
Groette
Anna Marie

4 comments:
Hello almal,
Ek het vergeet om vir julle almal 'n lekker dag toe te wens!
groette
Spook
Spook wat is 'n lekker dag? In my oè is 'n lekker dag, uit die stad, naby water waar dit rustig en stil is.
Geniet jou dag S P O O K!!
Hi
Ek het skoon vergeet Tiaan verjaar die 8ste baie swak van my ne
Ina
spook kom ons hoop die krag hou vandag, of nog beter gaan eers vanmiddag hier in die stad af, so 1 uur se kant, dan gaan ek huis toe, daar is nie 'n manier wat ek hier gaan sit en niks doen nie!!
Post a Comment