10/11/07

V R Y D A G !!!

Jippieeeeeeeeee dis Vrydag en ek is in die beste bui ooit!!! Ek hoop net nie die verdomde krag gaan weer soos gisteraand af nie!!!!!!!

Ek het met 'n lied in my hart opgestaan, met 'n glimlag op my bakkies en besef die son skyn en die voëls sing en die lewe is 'n lied!!!

Kyk ek gaan nou nie so opwindende na-week hê soos daai neef van my nie maar ek weet dat ek alles gedoen sal kan kry wat ek nie geduurende die week kan doen nie, soos die wasgoed wat ek nie verlede na-week kon was nie omdat die weer so goor was!(te feel informasie?)

Ek gaan nie kla vandag nie netnou begin dit dalkies net weer reën en dit sal my sommer laat tjank soos 'n klein hondjie wat tevroeg weggevat is by haar ma.......

Wimpie, Danie, Ina,Elise almal wat ek weer gevind het na al die jare....ONTHOU AL SIEN ONS MEKAAR NIE BAIE NIE DEEL JULLE MY GEDAGTES MET MY SEUN ELKE OOMBLIK VAN ELKE DAG!!!

Kerwin my love. . . You are the breath in me, and the one that scares away the fear, I love you with all my heart and know we will never part!!

Goed dit is genoeg van die stroopirige dinge in die lewe - Op 'n meer ernstige noot..... net 'n verwysing aan wat Wimpie in sy blog gesê het van die kinders wat die selfoon pornografie in winkelsentrums maak.....Dinge sal net erger en erger word as ons ons kinders nie meer 'n drag slae kan gee as hulle aanjaag nie!!

Sjoe wel ja dit is seker maar al vir vandag. . . . . .behalwe GO BOKKE GO!

Liefde
Anna Marie

No comments: