10/31/07

aaaaarrrrrrgggggghhhhhhh

Verkoue...... Wyk jou satan!!

Ek voel vanoggend assof ek deur 'n trok tot op die treinspoor gestamp is waar 'n trein nou nog oor my gery het ook!
en om alles te kroon lyk dit of die waterpokkies wat die rontes doen dalk meer die geval is met my instede van verkoue..........ek hoop nie so nie. . .ek moet more met 'n kursus begin by 'n prokureurs- firma....maar nou ja whatever as dit so is is dit seker maar so!!!


Weet julle kinders vandag weet heeltemal te veel van seks en al sulke grootmens goed.... Vat nou my seuntjie as voorbeeld, Sondag aand kyk hy die sitkom wat voor die 8h00pm fliek is saam met my en my man en in die spesifieke episode is een van die hoof karakters se ouma in die ouetehuis oorlede, geen niks snaaks daar nie maar hy vind toe uit dat sy ouma 'n oor aktiwe sekslewe gehaat het en dat sy 'n hartaanval gehaad het terwyl sy besig was met Die Daad......

Nie roudiens is ouma se blinde seun en sy vriende na die ouetehuis toe vir die gewone koek en tee waar verskeie ou omies vir die nie-blank blinde ou vertel hoe "spesiaal" sy ouma vir hulle was en hoe sy "goed in hulle wakker gemaak het, ondermeer 'n blanke oomie.... my seuntjie (hy is in graad een) kraai van die lag so asof hy presies weet wat die lot praat.... Toe die ou op tv dink dat dit nie erger kan wees nie stap 'n outannie ook oor na hom toe en vertel hom ook hoe spesiaal sy ouma vir haar was waar my seun toe luidkeels aankondig dat die ouma 'n lesbieer was..... ek val toe sommer op daai oomblik uit die bed van skok en my man sukkel toe om asem te haal.... al wat hy uit kry is"what is that my boy?" waarop my kind antwoord"it is when 2 girls get married daddy!" en toe ook byvoeg dat gay beteken 2 manne soen en trou met mekaar!


Ek het eerlik waar nie geweet wat om vir die kind te sê nie, maar, gelukkig was dit toe tyd om in die bed te klim en te slaap...

My kyk my toe so en wou toe by my weet waar kom die kind aan dit en weet julle ek het geen idee gehaad nie todat ek besef het dat hulle vandag in selfs kinderstories seksuele konoktasies aan ons kinders opdis en kinders dus al van 'n baie jong ouderdom aan sulke dinge bloodgestel word!

Waar is die dae van Wielie Walie, Pumpkin Patch, Viki, Knersus en al die ander onskuldige programme vir kinders? Dit is net Aneme stokies voor en agter en die meisies in die goed word so in detail geteken... in my kinder dae het ons net geweet dat 'n karakter vroulik was deur na die stem te luister en omdat dit lang hare, en 'n rok aangehaad het...

nou kan ek tot in 'n sekere mate verstaan hoekom daar sofeel kinders is wat kinders maak....
Hulle kry seks voor en agter en tussenin ook nou nog...

Die weer is grou hier in Krugers dorp en ek wil net terug gaan bed toe!!!!

Lekker dag aan almal
Liefde
Spook!!!

10/30/07

'n Brief aan Pappa...

More Pappa,

Vanoggend het ek weer wakker geword na 'n wonderlike droom, ek het gedroom dat Pappa my sty y y y y f vas gehou het en vir my gesê het dat Pappa my lief het, en my toe op Pappa se motorfiets laat sit het.

En toe ek wakker word was dit assof iemand my in die maag geslaan het, die wete dat Pa my nooit sal kan vashou nie, dat Pa nie hier is om te sien dat ek in 'n volwaardige vrou ontluik het nie en dat Pa nie die kans gekry het om my man of seun te ontmoed nie.....

Ek en Pieter praat nie met mekaar op die oomblik nie sienende dat sy verloofde 'n trop leuns vertel het van my aan hom!!

Met Mamma gaan dit goed, en sy het uit eindelik iemand gekry wat haar lief het en wat vir haar sorg. . . . .

Ek kyk so na foto's van Pappa met my en Pieter en ek wil huil............... Ek verlang so, ek is verkriklik lief vir Pappa!

Slaap sag Pappa en sê groette vir al die geliefdes vat ons moes groet!

Liefde
Spookie