10/25/07

Verjaarsdae en en en en en en en

Hallo almal!!!!

Eerstens wil ek aan my neef Danie sê Geluk met jou verjaarsdag en mag jy so oud word dat, die vlooie in jou plooie nes maak en jou voeffol hare jou spore dood vee!!

En dan... Sharks dankie vir jou mooi woorde van bemoediging na my vorige in(tikking)skrywing, ja turbo was my meisiekind en om haar te verloor is maar vir my baie seer maar haar enigste babatjie wat nou oor is is gister naam gegee: Timmothy na tannie Carrike se liedjie!

En noggiets.... het enige van julle daai angs gevoel gekry as jul eerste kind aan die einde van sy/haar eerste skool jaar staan en gedink "die tyd word min een van die dae is hy/sy nie meer klein nie en gaan hy/sy nie meer na my toe kom en dink dat niemand meer belangrik is as ons hul ouers nie? ek het dit gisteraand beleef en al weet ek dat dit deel is van die lewe, maak dit my baie bang.........by babatjie word nou groot en ek weet ek kan dit nie stop nie wil ek hom klein hou, want daar is niks so mooi soos om uit jou kind se oë die helde vereering te sien kom as hy na jou of sy ander ouer kyk...... En dit help seker ook nou nie dat die kind op die ouderdom van 7 jaar en 9 maande amper die selfde lengte het as ek (skaars 20cm korter) en in baie opsigte baie onafhanklik is nie. . . Baie na-weke word ek deur hom wakker gemaak met 'n lekker beker stomende tee en sy pogingkies om vir my ontbyt in die bed te gee. . . en al weet ek dat ek later die gemors moet skoon-maak wat hy agter laat gee ek nie om nie... (hy help darm soms)

o aag griet hoe soetsappig lees die inskrywing nou weer vandag maar ek weet julle verstaan!!!

En Wimpie nee ek het nie van jou vergeet nie en dalkies sien ons jou die naweek van die week van ons verjaarsdae. . . . . . .

Liefde
Spook

6 comments:

Dame met 'n wil! said...

Ek was onder die indruk dit is Wimpie se verjaarsdag.

My hart is ook maar seer, my seun maak een van die dae klaar met skool, reg vir die ongenaakbare grootmens wèreld, ek wil hom nog so graag vir net 'n rukkie klein hou, ek het gisteraand lank gelè en dink - die kind is 'n regte sonstraal, ag dit is sommer net baie hartseer, die jare het omtrent verby gevlieg.

Omdat ek myself 'n kat mens is, weet ek presies hoe jy voel, ek huil maar nog gereeld oor my twee katte wat ek so kort na mekaar verloor het. Hulle is nou almal in die DIEREHEMEL.

Anna Marie Budden said...

dankie Sharks

Anonymous said...

Hi

Hoe gaan dit daar. Ek het gister my pa se grafsteen gekry ek sal 'n foto neem en vir jou stuur dit is verskiklik mooi en uniek want ek dink nie daar is nog so een nie. Ek verlang somer meer na hom. Gelukkig het ek darem 'n plekkie waar ek met hom kan gesels as die lewe druk.

My ou seun gaan volgende jaar hoërskool toe en bekommer hom dood dat hy nie die jaar gaan deur kom nie, jy weet mos mens kry maar simpel onderwysers ook wat gedurig vir hulle vertel hulle gaan druip. Hansie is nog werkloos so as jy iets hoor laat weet my die kinders gee my eerlikwaar nou grys hare.

Van die agt hondjies wat ons van dag een af met 'n bottel groot gemaak het is daar nou net vier oor so ek kan my net indink hoe jy voel oor die kaatjie.

Liefde

Ina

Anonymous said...

I am able to make link exchange with HIGH pr pages on related keywords like [url=http://www.usainstantpayday.com]bad credit loans[/url] and other financial keywords.
My web page is www.usainstantpayday.com

If your page is important contact me.
please only good pages, wih PR>2 and related to financial keywords
Thanks
Intattset

Anonymous said...

ï»?There's a wide range of costs for NFL jerseys[url=http://www.greenbaypackersofficialstore.com/]Official Clay Matthews Jersey[/url]
and it pays to know how[url=http://www.seahawksofficialshop.com/]Authentic Russell Wilson Jersey[/url]
why and exactly where the prices differ[url=http://www.newyorkgiantsofficialshop.com/]Eli Manning Limited Jersey[/url]
what you need to obtain and exactly where you should get it at the cheapest pri When you've them inside your possession[url=http://www.washingtonredskinsprostore.com/robert+griffin+iii+jersey+freeshipping-c-9_49.html]Womens Robert Griffin III Jersey[/url]
the only other thing you'll need to be concerned about [url=http://www.newyorkgiantsofficialshop.com/]Womens Eli Manning Jersey[/url]
getting them towards the reception ahead of the friends arrive and presenting them in a d[url=http://www.officialwashingtonredskinsprostore.com/]Ryan Kerrigan Youth Jersey[/url]
tinctive and gorgeous way appropriate for the eventOn the internet purchasing has produced obtaining proper marriage ceremony favors very simple
client forums provide a venue for sharing feedback on things like quality and client service Anyone tried LA WeightlossI started it before pregnancy to lose about 30lbs

Anonymous said...

We [url=http://www.casinogames.gd]casino games[/url] have a corpulent library of totally unsolicited casino games championing you to monkey tricks privilege here in your browser. Whether you appetite to training a mesa encounter scenario or just attempt elsewhere a insufficient late slots in the presence of playing on the side of real in dough, we have you covered. These are the rigid same games that you can with at true online casinos and you can join in them all in requital for free.