10/30/07

'n Brief aan Pappa...

More Pappa,

Vanoggend het ek weer wakker geword na 'n wonderlike droom, ek het gedroom dat Pappa my sty y y y y f vas gehou het en vir my gesê het dat Pappa my lief het, en my toe op Pappa se motorfiets laat sit het.

En toe ek wakker word was dit assof iemand my in die maag geslaan het, die wete dat Pa my nooit sal kan vashou nie, dat Pa nie hier is om te sien dat ek in 'n volwaardige vrou ontluik het nie en dat Pa nie die kans gekry het om my man of seun te ontmoed nie.....

Ek en Pieter praat nie met mekaar op die oomblik nie sienende dat sy verloofde 'n trop leuns vertel het van my aan hom!!

Met Mamma gaan dit goed, en sy het uit eindelik iemand gekry wat haar lief het en wat vir haar sorg. . . . .

Ek kyk so na foto's van Pappa met my en Pieter en ek wil huil............... Ek verlang so, ek is verkriklik lief vir Pappa!

Slaap sag Pappa en sê groette vir al die geliefdes vat ons moes groet!

Liefde
Spookie

4 comments:

Dame met 'n wil! said...

Spook toe ek net nou jou comment op Wimpie se blog gelees het, het ek besef hierdie girl het vandag seer, haar hartjie bloei, sy verlang na haar oorlede pappa. Jou brief aan jou pa is pragtig. Een troos wat ek jou kan gee, hy is aan die voete van GOD. Ons sal eendag almal aan GOD se voete sit, al ons geliefdes weer kan sien wat ons moes groet. Mens baie sterkte vir jou vir hierdie dag, ek hoop regtig dat jy sommer gou gou beter sal voel. Ek weet dit is nie lekker om 'n geliefde te verloor nie, maar mens moet dit aanvaar, en aangaan met die lewe, ons leef ook net een keer op aarde. BAIE STERKTE MENS, EK DINK REGTIG AAN JOU. Liefde.

Anna Marie Budden said...

Dankie Sharks. . .

Ja ek weet en weet jy, ek kan nie wag om hom weer te sien nie!!

Tenminste moes ek hom nie afstaan aan moord of het hy darm nie gely aan 'n vreeslike siekte nie!

Ja ek verlang en ja myblaas sit vandag onder my oë maar more is ek weer beter!

groette
Spook

Anonymous said...

Hi

Ek sien jou hart is net so swart soos myne vandag. Dit is waar wat jy sê mens mis jou pa baie ek wat sonder my ma groot geword het mis my pa elke dag as mens net weer eenkeer kon gesels. Jou pa was 'n wonderlike mens gewees.

Jy moenie dat Maryna tussen jou en Pieter kom nie igenoreer haar en vat die stories van wie dit kom as jy wil gesels bel my

Ina

Anna Marie Budden said...

Dankie Ina!!!

Ek sal jou 'n luitjie gee!!!

Liefde
Spook