10/24/07

LAAAAAAAAANG Dinsdag na 'n LAAAAAAAAANG Na-week

Eerstens wil ek net noem dat ek noggal jammer is dat ek so lui was die afgelope tyd. . . . . Maar aan die ander kant sal julle - ek is seker - verstaan as ek julle vertel wat my probleem was....


Ek is deesdae ietwat van 'n kat mens en het twee katte gehaat 'n mannetjie - spierwit met die blouste oë- genaamd Ratty en dan 'n wyfie genaamd turbo -haar kleur kon ek tot vandag toe nie vasstel nie maar ja terug na die storie Turbo het so paar weke terug kleintjies gehaat en aag dit was die oulikste goedjies ooit. . . 4 klein bondeltjies waarvan net een se pa uitgeken kon word.... in elk geval Vrydag toe ek by die huis kom was al 4 nog spring lewendig en vol streke en hul ma was nog aan die gang soos altyd maar ek moes gesien het dat iets nie reg was nie. . .


Hier teen 9-uur Vrydag aand het die eerste kleintjie half begin stuif trek en ons het hom toe maar gemaklik in hul bedjie gaan sit en later maar sie ander ook maar gemaklik gemaak...... en self gaan slaap toe ons Saterdag oggend opstaan het ons gesien dat twee van die kleintjies dood is en later die oggend het ons vas gestel dat hul ma hulle nie meer kon voed nie...... die twee oorlewendes het ons toe maar vee-arts toe en sy het gesê hoe en wat ons hulle moet voer..... lang storie kort ons het so gemaak, maar gister middag toe ek by die huis kom was babatjie no 3 ook besig om te vrek...... hul ma het verswyn en ek is seker dat sy iewers gaan soek het on ook te vrek. . . die enetjie wat ons nou oor het vreet nog alte gulsig en kla verskriklik as ons hom alleen los maar hy is ok. . . Maar ek moet julle vertel dat my hart in stukkies is oor die laaste enetjie se dood. . . ek het vir 4 dae hom/haar ekle paar uur gevoed maar ek reken dit was maar net nie genoeg nie. . . .


Op 'n ander noot na sowat sjoe ummmmmmmmm 6 miskien 7 maande van sukkel het ons gister weer 'n motor gekry en is gister aand na vriende toe omte gaan koffie drink, en oppad huistoe het ons verby my werk gery. . . . . daar was ligte aan waar daar nie moes wees nie en ons het die S A P S gebel. . . .na sowat 'n 1/2 uur se wag het ek en my man in die gebou ingegaan om die nommer van die sektor polisie te kry en die man ook gebel. . . . . . . Na 3 ure is ons huistoe en wag steeds vir hulle. . .


S ja vanoggend is ek die spreekwoordelike wandelinde slaapeling en is ek seker dat my baas nie veel met hierdie vrou sal kan uitrig nie. . . .


hier is 'n ou ietsie vir die Engelse.....
Groette
Spook

1 comment:

Dame met 'n wil! said...

Jammer oor die katjies, ek myself is gaande oor katte, het ook die twee mooiste katte, wat ons ook maar met 'n bottel moes groot maak, ons het hulle gaan haal toe hulle maar 5 weke oud was, elke twee ure moes hulle bottel kry, en so twee keer bietjie room en baba pap, vandag is die twee alte fraai, vreeslik bederf. Ek weet hoe jy voel ons een kat is laasjaar dood hy het katvigs gehad, vreeslik gely, ek het hom laat uitsit, kon nie meer daai lyding hanteer nie. Kry toe 'n ander katjie, hy was nog maar 'n baba'tjie toe ons bure se dronk seun hom voor ons hekke dood gery het!! Sterkte vir jou dink aan jou.